Nathaniel Julies se herverhoor begin na verwagting Maandag

Deel hierdie storie / Share this story

Die herverhoor van die moordsaak op Nathaniel Julies sal na verwagting Maandag in die Palm Ridge-landdroshof begin.

Nathaniel Julies (16) is doodgeskiet buite sy huis is 2020 na hy by die winkel was om koekies te koop. Hy het aan Downsindroom gelei.

Drie polisiebeamptes is van sy moord aangekla.

Die vorige verhoor was amper op ‘n einde toe die regter Ramarumo Monama sterf en dus moes die saak weer van voor af verhoor word.

Bronne: Eyewitness News, Jacaranda FM

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Maak reg vir ‘n warm week in Suid-Afrika