Koning Charles III nooi president Cyril Ramaphosa vir eerste staatsbesoek

Deel hierdie storie / Share this story

Koning Charles III en die koningin-gemaal, Camilla, sal president Cyril Ramaphosa en dr. Thepo Motsepe, sy vrou en Suid-Afrika se eerste dame, vanaf 22 tot 24 Novermber 2022 op uitnodinging vir ‘n staatsbesoek by Buckingham-paleis ontvang.

Dit sal die eerste staatsbesoek wees wat deur koning Charles III gereël word sedert hy die leisels by koningin Elizabeth II, sy oorlede moeder, oorgeneem het.

In ‘n verklaring wat vanoggend deur die paleis uitgereik is, word daar genoem dat die koning en die koningin-gemaal gedurende November2011 ‘n besoek aan Pretoria en Johannesburg gebring het.

Die koning se verskeie voorafgaande besoeke aan Suid-Afrika, waarvan die eerste in 1997 was, was as ‘n lid van die Gemenebes.

Fotokrediet Buckingham-paleis

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel