Sowat 92 mense is volgens die Iran Human Rights-groep dood in optogte in Iran in die drie weke na die dood van Mahsa Amini in polisieaanhouding.
Iran het buitemagte, veral bondgenote van die VSA en spesifiek Washington, daarvan beskuldig dat hulle die optogte aanhits.
Vrydag het die intelligensieministerie aankondig nege buitelanders, insluitend van Frankryk, Duitsland, Italië, Nederland en Poland, is gearresteer.
Nog optogte het Vrydag in die verre suid-ooste van Iran uitgebreek na beskuldigings dat die polisiehoof van die gebied ‘n 15-jarige meisie verkrag het.
Bronne: Israel National News, News18
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Iran-optogte duur voort, 83 glo al dood



