JP Smith, Burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit in Kaapstad en tussentydse adjunkleier van die DA, sê die polisie het ingestem tot ‘n inter-regerings-ontvoeringstaakspan.
“Die polisie het vandeesweek ingestem tot die stad se versoek dat die polisie die dienste van ons gespesialiseerde eenhede moet gebruik en ‘n interregeringstaakspan vir ontvoering en afpersing vorm.”
In maande wat vooraf gaan word daar berig gegee oor gereelde ontvoerings van volwassenes en kinders. Die Moti-broers was vir drie weke weg. Meer onlangs was ‘n vyfjarige seun van Kensington in Augustus ontvoer, wie gelukkig later met sy ouers herenig kon word. ‘n Sakeman wie ontvoer en gemartel is, se video het nog benoude oomblikke besorg, ‘n ander sakeman wat hom teëgesit het, is doodgesiet, ‘n seuntjie van Nyanga wat ontvoer is en ‘n losprys nie voor kon betaal word nie, is later dood gevind. En in die jongste voorval is ‘n 35-jarige vrou helder oordag op 29 September met haar voertuig ingeboks en ontvoer.
“Die verdwyning van ‘n vrou wat gister helder oordag gebeur het, was in volle sig van sekuriteitskameras. “Ons beamptes is gereed om ‘n aktiewe en operasionele rol te speel om die polisie te ondersteun, hierdie misdade te verbied en te verseker dat skuldigbevindings plaasvind,” sê Smith
“Die voorvalle vandeesweek herinner ons daaraan dat ons nie kan bekostig om op ons louere te rus nie en dat konkrete en doeltreffende optrede onmiddellik nodig is.”
Die stad doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om dit asseblief by die SAPD of die Stad se 24-uur-wenklyn by 0800 110077 aan te meld.
Smith se onderhoud kan op eNCA gekyk word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



