President Cyril Ramaphosa het gister soene aan bejaarde vrouens by ‘n partytjie uitgedeel tydens die ANC se Letsema-veldtog in Galeshewe in die Noord-Kaap.
‘n Verjaarsdagpartytjie het jolig geraak toe die president soene en drukkies begin uitdeel het.
Die bejaarde vroue het die 82-jarige ouma Martha Louw se verjaarsdag gevier. Sy het ook pas ‘n huis van die provinsiale regering ontvang.
Die partytjiegangers het aandag geëis en die president het tot groot vermaak met presidensiële soene gehoorsaam.
Bron: Celebritie’s News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



