Motoris oorleef koeëlreën tydens kapingspoging

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Motoris is Saterdag in die vroeë oggendure geskiet tydens ‘n kapingspoging naby die Diamond Hill-tolplaza in Pretoria.

Die man het Hatfield toe gery om hulp te kry na die koeëls op hom gereën het toe kapers sy luukse voertuig probeer kaap het.

Die man is in sy been geskiet en is na die naaste hospitaal geneem vir behandeling.

Bronne: Times LIVE, VN Explorer

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Leeus en krokodille eet Islamitiese militante in Mosambiek