‘n 17-Jarige tiener van KwaZulu-Natal is Woensdag by Rose Manor Crescent in Trenance Manor geskiet en van haar selfoon beroof.
Inwoners het Reaction Unit South Africa om 12:18 gekontak met ‘n versoek vir mediese bystand.
Met aankoms op die toneel het beamptes die tiener gekry waar sy in die pad lê met ‘n skietwond in haar linkerdy.
Die slagoffer het glo vir ‘n huurmotor gewag toe ‘n onbekende persoon haar genader het, sonder waarskuwing geskiet het, haar selfoon, ‘n Huawei P8 Lite, gesteel het en te voet in ‘n onbekende rigting gevlug het.
FiND-iT Nuus het die polisie in KZN vir meer besonderhede gevra.
Lt.Kol Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder in KZN het die voorval bevestig.
‘n Saak van poging tot moord en roof word deur die Phoenix polisiestasie ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.


