Wees gewaarsku: Foto’s is nie vir sensitiewe lesers nie.
‘n Man is Woensdag dood in Ntombe, KwaZulu-Natal, nadat die insittendes van ‘n wit Opel Corsa-bakkie, waarvan die registrasienommer onbekend is, glo op hom geskiet het tydens ‘n verbyry-skietvoorval.
Reaction Unit South Africa het om ongeveer 21:47 reageer op ‘n oproep oor verskeie skote wat afgevuur is, ‘n persoon wat raakgeskiet is en ‘n voertuig wat daarna weggejaag het.
Rusa het reaksiebeamptes en nooddienste uitgestuur.
‘n Man is in die middel van die pad gevind. Hy het verskeie skietwonde, in sy bors, linkerarm en gesig, gehad.
Hy is op die toneel dood verklaar.
Die motief vir die moord is nie bekend nie.
FiND-iT Nuus het die polisie vir meer inligting oor die voorval gevra.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



