‘n Leerling (15) van ‘n hoërskool in Brindhaven Kwa-Zulu Natal, is Woensdag gearresteer nadat hy ‘n leerling van ‘n ander skool in die omgewing in Mossstraat Grange met ‘n replika-wapen van haar selfoon beroof het.
Ooggetuies wat die voorval gesien het, het die beweerde verdagte aangekeer, waarna hy die wapen ook op hulle gerig het. Hulle het hom glo onderstebo geduik en vasgedruk.
Hulle het ontdek dat die wapen slegs ‘n replika was.
Hulle het die slagoffer se selfoon aan haar teruggegee en die beweerde verdagte na die kantore van Reaction Unit South Africa geneem.
Rusa sê die verdagte het glo aan hulle gesê hy het saam met drie van sy vriende gestap toe hulle die meisie van ‘n ander skool in dieselfde area opmerk waar sy gestap het. Hulle het besluit om haar te beroof.
Die vriende het glo gevlug toe die gemeenskap tussenbeide gekom het.
Die verdagte is vir verdere ondersoek aan Verulam-SAPD oorhandig.
FiND-iT Nuus het navraag by die polisie oor die voorval gedoen.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



