‘n Bejaarde vrou van Thaba Nchu het onlangs onder swendelaars deurgeloop toe sy oorreed is om R28 000 te belê in ‘n maatskappy wat toe nié bestaan het nie.
Oomblikke ná sy haar hardverdiende geld aan die maatskappy oorbetaal het, het die telefoonnommers ophou werk.
Sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê die bejaarde vrou het ‘n oproep ontvang van die “beleggingsmaatskappy” met ‘n geleentheid om haar geld in ‘n kort tydjie te verdubbel.
Twee ander bejaarde vrouens van 60 en 62 jaar oud het dieselfde oorgekom.
‘n Bedrogsaak is vir ondersoek geopen.
Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om op te hou om swendelaars met hulle geld te vertrou. “Ons doen ook ‘n beroep op bejaardes om eers met hulle kinders te praat voor hulle sulke besluite neem,” sê sers. Kareli.
Geen verdagtes is in hegtenis geneem nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



