Zenizole Vena, ‘n 15-jarige van Gqeberha in die Oos-Kaap, is op Woensdag 21 September deur ‘n bende verkrag. Sy is vier dae later oorlede.
Zenizole is ‘n week voor haar moord as vermis aangemeld.
Volgens Keep The Engery, kon Zenizole daarin slaag om van haar verkragters, wat sy glo geken het, te ontsnap.
Sy is vier dae ná die gebeure deur ‘n vrou in die straat gevind.
Die vrou het haar na ’n nabygeleë kliniek geneem, maar sy is glo aangesê om na die polisiestasie te gaan.
Zenizole het by die polisiestasie ‘n skynbare epileptiese aanval gekry en begin braak. Sy is kort daarna oorlede.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



