Oorsaak van koningin Elizabeth II se dood bekend

Deel hierdie storie / Share this story

Koningin Elizabeth II se doodsertifikaat is Donderdag vrygestel. Dit maak bekend dat sy om 15:10 op 8 September 2022 dood is van “ouderdom” (old age).

Die koningin is in die Balmoral-kasteel in Skotland, waar dit verpligtend is dat ‘n doodsertifikaat ingedien moet word, dood.

Die oorsaak van haar dood word slegs gegee as “ouderdom” met geen ander onderliggende kwale wat genoem is nie.

Die nuus van die koningin se dood is eers om 18:30 vrygestel, omtrent drie ure na haar dood.

Bronne: International Business Times, IOL

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Oorsaak van koningin Elizabeth se dood word glo geheim gehou