‘n Vrou is dood nadat sy glo deur haar lewensmaat doodgeslaan is.
Palesa Audrey Matlamela (28) van Alexandra, Johannesburg, is glo op Sondag 4 September deur haar lewensmaat vermoor.
Volgens Matlamela se familie was sy vir sowat vyf jaar in ‘n verhouding met hom, maar het ‘n paar weke gelede teruggekeer huis toe.
“Hy was na bewering baie beledigend en sy was te bang om ‘n saak by die polisie te maak. Sy het huilend teruggekom huis toe,” het Eunice aan TimesLive gesê.
Die kêrel het haar steeds oor naweke kom haal en hulle het saam uitgegaan.
Luidens die polisieverklaring het haar familie haar die naweek van die 3de September laas lewendig gesien.
Haar kêrel het haar glo die naweek doodgeslaan voordat hy haar by die Edenvale-hospitaal afgelaai het.
Matlamela se familie is Maandagoggend deur die hospitaal in kennis gestel dat sy dood is. Sy was glo reeds dood toe haar kêrel haar afgelaai het.
Hy is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



