Indiese man skiet meisie, word doodgery deur trok

Deel hierdie storie / Share this story

Woensdagmiddag het Neha Mahato (21) en haar kêrel Krishna Yadav (25) ‘n argument in die pad gehad naby ‘n privaat hospitaal in Saravali.

Yadav het skielik ‘n rewolwer uitgepluk en Neha in die kop geskiet. Sy is dadelik dood.

Toe omstanders nader staan, het Yadav paniekerig geraak en weggehardloop, maar nie eens ‘n paar meter weg nie is hy deur ‘n militêre trok raakgery.

Daar is met hom na ‘n hospitaal toe gejaag, maar hy is by aankoms dood verklaar.

Die polisie het uitgevind dat Neha en Yadav al vir ‘n jaar uitgegaan het, maar hy wou nie met haar trou nie. Haar familie het ‘n ultimatum gestel en gesê as hulle nie trou nie, gaan hulle haar met iemand anders laat trou.

Die polisie probeer vasstel of Yadav se dood ‘n ongeluk of selfdood was.

Bronne: IOL, Ghanamma

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Iran-optogte duur voort, 83 glo al dood