‘n Bejaarde egpaar se dood word deur die polisie op Carolina ondersoek.
Martin Marais de Bruin (83) en sy vrou Marriam Magdeline de Bruin (79) se lewelose liggame is Woensdagaand deur ‘n bekommerde buurman in hulle plaashuis naby Calorina ontdek.
Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê die polisie en nooddienste is ongeveer 22:00 Woensdagaand in kennis gestel van die voorval.
Die buurman het glo bekommerd geraak toe die egpaar nie oproepe beantwoord het nie. Hy het besluit om te gaan seker maak alles is in orde toe hy op die toneel afgekom het.
“Volgens die buurman het alles normaal gelyk tot hy by die kamervenster ingekyk het en sy bure in ‘n plas bloed op die bank gewaar het.”
Martin het ‘n sigbare skietwond aan sy kop gehad met ‘n vuurwapen in sy hande. Marriam het skietwonde aan haar oor en haar bors gehad.
Die egpaar is op die toneel dood verklaar.
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand wat met die ondersoek kan help, om speurder AO Thulani Sibeko by 079 989 4150 te kontak.



