Tshwane se raadsvergadering het gisteraand in absolute chaos ontaard deurdat van die ANC- en EFF-lede se gedrag hand-uit geruk het.
Elma Nel, DA-raadslid vir wyk 54, het gisteraand om ongeveer 23:30 hierdie video’s gedeel en gesê: “Ek het geen woorde nie.”
Die raad was besig met ‘n stemming toe die vergadering in hierdie chaotiese gedrag ontaard het.
“In die eerste video het hulle reguit vir die speaker van die vergadering geskree: ‘Do you want to die?’ en daarna is die vergadering verdaag.”
“Nou moet daar weer ‘n vergadering gehou word om die items klaar te maak.”
Dit is glo nie die eerste keer wat die speaker so behandel is nie. Dit is nie seker of hy ‘n saak gaan maak nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



