Die Kuruman-streekhof het die 30-jarige Lin Zhuang vroeër die week skuldig bevind aan die besit en vervoer van perlemoen.
Kapt. Tebogo Thebe, polisiewoordvoerder, sê Zhuang is in Desember 2021 op die N14-hoofweg in Kuruman in hegtenis geneem.
Die Valke het die saak ondersoek.
Die beskuldigde is ‘n boete van R40 000 of twee jaar tronkstraf opgelê.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



