Riana Nel en haar man, Cornel, is weer verloof.
Die sangeres het Woensdag ‘n foto op haar Instagram-blad gedeel waar sy spog met ‘n blinknuwe ring aan haar ringvinger.
“10 jaar en 4 kinders en ons gaan sommer weer trou. Ons het weer verloof geraak. Hoop monategamelodge het nog ‘n naweek oop vir ons vow renewals,” skryf sy by die foto.

Die paartjie, wat vier seuns het, het hul 10de huweliksherdenking in die Bosveld gevier.
Kyk hier na die video van hul huweliksherdenkingsnaweek: https://www.instagram.com/reel/CjDeenRIcsk/?igshid=YmMyMTA2M2Y=

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



