Amou Haji (80) glo dat “reinheid vir hom siekte bring”.
Om dié rede het hy die afgelope 60 jaar nie gebad nie, en word hy nie-amptelik die “vuilste man in die wêreld” genoem.
Haji woon in isolasie in die dorpie Dejgah, in die Suid-Iraanse provinsie Fars, en haat enige kontak met water. Selfs die voorstel van ‘n bad maak hom kwaad.

Volgens Daily Mail was hy as jong man verlief op ‘n vrou, maar toe sy hom verwerp, het hy ‘n lewe van isolasie gekies.
Sy woonplek is ‘n grafagtige gat in die grond en hy slaap op die grond.
Hy drink elke dag 4-6 liter water (om gesondheidsredes, beweer hy) maar net uit ‘n vuil, geroeste ou oliekan. Sy voorkeurkos is verrotte ystervarkvleis.
Die man versorg sy hare deur dit elke nou en dan te verbrand en maak sy rookpyp vol met diere-ontlasting pleks van tabak.
‘n Ou oorlogshelm hou sy kop warm gedurende die winter.
Daar word beweer hy is geestessiek is, maar dit is nie seker nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



