‘n Durbanse paar is Woensdag in hulle beddens dood gevind nadat die aangrensende woonstel berook is.
Die paar se familie het hulle glo probeer kontak en toe hulle hulle nie in die hande kon kry nie, het hulle na die woonstel gegaan.
Hulle het mediese hulp ontbied toe hulle die paar in hulle bed ontdek het, maar die paar is op die toneel dood verklaar.
Dit is vasgestel dat die aangrensende woonstel met ‘n wit poeier berook is.
Die omstandighede wat tot die voorval gelei het, word ondersoek.
Bronne: IOL, The Citizen
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



