Bruid hou steeds troue ná bruidegom haar voor altaar los

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Bruid wat al haar spaargeld gebruik het om haar droomtroue te reël en toe voor die altaar in die steek gelaat is, het besluit om haar nie te laat onderkry nie en steeds, sonder haar bruidegom troue te hou.

Die 27-jarige Kayley Stead moes by haar ma hoor dat sy nié met haar maat van vier jaar sou trou nie, na hy nie vir hulle huweliksbeloftes (nuptials) opgedaag het nie.

Ten spyte van die hartseer het Kayley besluit om voort te gaan met haar groot dag by die Oxwich Bay-hotel in Wallis saam met haar geliefdes.

Die dag het verloop soos beplan met die etes, toesprake, danse en selfs professionele foto’s sonder haar bruidegom.

Lizzo se Good As Hell het gespeel toe Kayley die venue binnegestap het.

Noudat Kayley alleen bly en haar wittebrood gekanselleer is sonder enige verduideliking van haar eks, verwerk sy wat gebeur het.

Haar vriende het selfs ‘n GoFundMe-blad gestig om haar te help om van die geld wat sy op die groot dag spandeer het, terug te kry.

“Ek het hom ongeveer 16:00 die dag voor die troue gesien en nog glad nie weer van hom gehoor nie,” sê sy.

Kayley se “troue” het op 15 September plaasgevind.

“Ons het probeer om hom in die hande te kry, maar kon nie.”

Sy sê dit was ‘n groot skok en dat sy glad nie verwag het dat hy nie sou opdaag nie. “Toe ek sien hoe hartseer my vriendinne is, het ek besluit om die dag om te keer. Ek wou nie die dag as hartseer onthou nie.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel