SAPD staan vrou by tydens geboorte

Deel hierdie storie / Share this story

Die Stilfontein-polisie het op Erfenisdag die ekstra myl gestap en ‘n vrou bygestaan toe sy in die polisiestasie geboorte gegee het.

Die polisie sê die vrou het omstreeks 00:00 by die polisiestasie aangekom en gevra dat ‘n ambulans gebel word.

Terwyl hulle vir die ambulans gewag het, het die vrou geboorte begin gee. Polisiebeamptes aan diens het haar bygestaan en haar babaseuntjie is gebore.

‘n Suster wat kort na die geboorte by die stasie aangekom het, het die ma en haar baba in haar sorg geneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel