FiND-iT Nuus het gisteraand berig oor nog ‘n voorval by Jagersfontein wat paniek in die gemeenskap gesaai het.
‘n Skoonwaterdam (Dam 10) se wal het oorgeloop.
Die verduideliking is dat water uit die dam loop as gevolg van seisoenale reën wat in die gebied geval het.
Hier is ‘n video waarin Xolani Tseletsele, die burgemeester van Kopanong, meer duidelikheid oor die gebeure gee.
Die watervloei is gestop, maar hierdie nuwe voorval het verstaanbaar die gemeenskap paniekerig as gevolg van die ramp wat op 11 September plaasgevind het.
Die burgemeester het met die gemeenskap gepraat en bevestig dat die water nie deur die gemeenskap gevloei het nie, maar wel agter hulle verby.
Hy rapporteer dat daar geen skade aangerig is nie en sal vandag met mynbase ontmoet om die situasie uit te sorteer om toekomstige probleme te verhoed.
Asseserings ten opsigte van die voorval word gedoen en sal aan die burgemeester se kantoor voorsien word.
Sefora Ntombela, die premier van die Vrystaat, het die volgende verklaring gemaak:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



