Sanger Jan Bloukaas het breinkanker

Deel hierdie storie / Share this story

Breinkanker is by die Afrikaanse sanger, Jan Bloukaas, gediagnoseer.

Jean du Plessis, die sanger se regte naam, het Dinsdag dié nuus op ‘n emosionele video op sy Instagram gedeel.

Du Plessis het bekendheid verwerf met sy 2017-treffer Kaas Bra en het sedertdien die verhoog met van die land se grootste kunstenaars gedeel.

Hy het in die video verduidelik dokters het onlangs ‘n groot gewas op sy breinstam gevind, maar die gewas kan nie met chrirgie verwyder word nie. Hy gaan wel bestraling ontvang.

“Ek is nie bang vir hierdie gewas nie. Hy groei in my brein, nie ek in syne nie en ek weet God staan soos ʼn reus agter my. So ouens, hoe ookal hierdie geveg eindig, hy’s reg gewonne,” sê die sanger in die video.

Du Plessis het gesê sy opname vir sy nuwe album is intussen eers gestaak, maar dat hy vasbeslote is om die album te voltooi voor hy met die behandeling begin.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel