Twee in kritieke toestand na motor rol

Deel hierdie storie / Share this story

Twee persone is in ‘n kritieke toestand en een beseer na ‘n motor Sondagoggend op die MR00470 in die Sarah Baardman-distrik gerol het.

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê paramedici is Sondagoggend om 07:56 na die toneel ontbied.

Verslae dui daarop dat die bestuurder van ‘n motorvoertuig beheer verloor het op die grondpad en die motor gerol het.

Al die passasiers is uit die motor geslinger en is ‘n afstand van die motor af gevind.

Twee van die passasiers het ernstige beserings opgedoen en is deur gevorderde lewensondersteunende paramedici op die toneel behandel.

‘n Derde persoon het geringe beserings opgedoen.

Al drie beseerdes is na hospitale geneem vir verdere behandeling.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel