Onskuldige omstander deur rowers doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Omstander (21) is Maandagoggend doodgeskiet toe ‘n groep gewapende verdagtes op ‘n winkeleienaar in Blesboklaagte geskiet het.

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 10:57 na die toneel in die Nkangela-distrik geroep.

‘n Groep gewapende verdagtes het glo op ‘n winkel toegeslaan. Die winkeleienaar kon deur die winkel se voordeur ontsnap.

Die verdagtes het op hom geskiet soos hy in sy motor geklim het en weggery het.

‘n 21-jarige verbyganger is in die proses doodgeskiet.

Hy is op die toneel dood verklaar.

Owerhede ondersoek die voorval.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel