Video by toneel: Nóg ‘n 4-jarige vermiste dogtertjie dood by ‘n skool gekry

Deel hierdie storie / Share this story

Mia Botha (4) was van gisteraand af vermis. Vanmiddag is haar liggaam op ‘n skoolveld gekry.

Hierdie video is op die Facebook-blad van J Petersen waar hy inligting van die toneel te Primêre Skool Nederburg, Lantana, Paarl deel.

Mia Botha (4) is volgens hom van gisteraand af vermis.

Sedert vanoggend het ‘n soekgeselskap bestaande uit polisielede, gemeenskapspolisielede, buurtwaglede en die gemeenskap na haar gesoek.

“Vanmiddag het leerders wat op die skoolveld gespeel het die liggaampie van Mia ontdek tussen die lang gras.”

Petersen praat dan met ‘n ooggetuie wat sê dat die 4-jarige haar klere aangehad het en ‘n broodsakkie om haar mond.

Die familie word deur raadslid Pat Cupido bygestaan.

Dit blyk volgens die Paarl Pals Facebook-blad asof ‘n moontlike verdagte aangekeer is.

FiND-iT Nuus het na die polisie uitgereik vir meer besonderhede.

FiND-iT Nuus het enkele dae gelede berig oor twee dogtertjies van Hessequa op Albertinia wat ook vermis was en toe dood gekry is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel