Plett-haaiaanval: Ma voor haar gesin dood

Deel hierdie storie / Share this story

Die 39-jarige Kimon Bisogno was by Plettenbergbaai saam met haar man en vyfjarige dogtertjie toe sy in heupdiepte water deur ‘n haai aangeval is.

Die gesin woon in Kaapstad waar Bisogno en haar man ‘n pizzeria besit en maaltye aan haweloses voorsien.

Dié haaiaanval was die tweede in die omgewing in drie maande.

Volgens Bruce Noble, ‘n voormalige lewensredder van die Nasionale Seereddingsinstituut, het Bisogno kort voor 08:00 die water binnegegaan en was sy ongeveer 50 m die water in toe sy in ‘n stroom van 2 m diep gedryf het en aangeval is.

Ander swemmers het “gesien hoe die water om haar rooi word” toe mense op die strand begin skree het.

Die Bitou-munisipaliteit het die strande in die omgewing gesluit en is besig om ‘n Plett Shark Action Plan te implementeer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel