Die polisie in Indië is op soek na ‘n onderwyser wat glo ‘n leerling doodgeslaan het oor ‘n spelfout.
Nikli Dohre is glo geslaan en geskop tot hy bewusteloos was deur sy onderwyser vroeër die maand na hy die woord “social” verkeerd gespel het tydens ‘n eksamen.
Die 15-jarige het Maandag aan sy beserings beswyk en die onderwyser het gevlug.
Honderde mense het die strate ingevaar na sy dood bekendgemaak is. Daar is geëis dat die onderwyser gearresteer moet word voor Dohre veras word.
Bronne: Jacaranda FM, Al Alarabiya
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Voormalige leerling skiet 15 dood in Russiese skoolskietery



