Nog verdagtes gearresteer na skietvoorval by LGBT-fees

Deel hierdie storie / Share this story

Nog twee verdagtes is gearresteer in verband met ‘n skietvoorval tydens die jaarlikse LGBT “Pride”-fees in Oslo.

Die Noorse polisie het Maandag bevestig nog twee verdagtes is gearresteer op aanklagte van “medepligtigheid aan ’n daad van terrorisme”.

Twee mense is dood en meer as 20 is beseer tydens die skietvoorval op 25 Junie.

Altesaam vier verdagtes is nou in hegtenis geneem, insluitend die vermeende skieter, ‘n 43-jarige Noorse burger van Iranse oorsprong.

Die twee jongste verdagtes – ‘n man in sy 40’s met Somaliese burgerskap en ‘n Noorse burger in sy 30’s – is Sondag in hegtenis geneem en was aan die owerhede bekend.

Die Oslo-polisie het Vrydag ook aangekondig dat hulle ’n internasionale arrestasiebevel uitgereik het vir ’n 45-jarige “Islamis”, wat hulle glo in Pakistan is.

Bronne: Euronews, National Post

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: 75 mense dood in Iranse optogte