Liggaam van onbekende jong seun in ‘n bos gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van ‘n ongeïdentifiseerde seun wat op ongeveer 8 jaar oud geskat word, is gister om ongeveer 13:19 in ‘n bos langs Weltevredeweg op Philippi gevind.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, sê ‘n moordsaak word ondersoek.

“’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van dood te bepaal.”

Die polisie volg alle leidrade op en versoek enige persoon wat inligting het wat met die saak kan help om na vore te kom.

Kontak Stop Misdaad by 08600 10111 of gebruik die MySAPS-toepassing.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel