Familie vermoor vermoedelik Christenpa na hy Hindoe-ritueel weier

Deel hierdie storie / Share this story

Christene in Indië glo ‘n kerkganger is verlede maand deur sy Hindoe-familie vermoor nadat hy geweier het om aan ‘n Hindoe-ritueel vir sy dogter sy troue deel te neem.

Kerkgangers het glo Madhab Gorai die laaste keer op 7 Augustus gesien toe sy vrou en seun ‘n kerkdiens ontwrig het om hom te dreig. Hulle het glo gesê hulle gaan hom lewendig verbrand as hy nie instem om aan ‘n ritueel deel te neem vir sy dogter se troue nie.

Die pastoor van die kerk het gesê Gorai het geweier om betrokke te raak by Hindoe-rituele wat sy geloof weerspreek. Sy familie het gesê sy weiering kon veroorsaak dat sy dogter se verlowing verbreek word.

Die pastoor het die argument gestop en Gorai se vrou en seun het hom huis toe geneem. Die pastoor het ‘n klag by die polisie gelê, maar Gorai se huis was buite hulle jurisdiksie.

Die pastoor het Gorai se huis na die voorval by die kerk besoek, maar sy vrou het gesê hy is in die dorp. Daardie aand is hy ingelig Gorai is glo in sy slaap oorlede.

Gorai is die volgende oggend (8 Augustus) veras, maar niemand van sy kerk is ingelig nie.

Verskeie mense vermoed sy familie het hom vermoor en dit toegesmeer, want hulle was bang sy dogter se verlowing word verbreek.

Bronne: Christian Post, Morning Star News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Dodetal styg in Mahsa Amini-optogte in Iran