Dodetal styg in Mahsa Amini-optogte in Iran

Deel hierdie storie / Share this story

Omtrent 41 mense is oorlede in die optogte ná Mahsa Amini se dood in polisieaanhouding.

Masha Amini is dood nadat sy deur die moraliteitspolisie in aanhouding geneem is omdat sy nie haar hidjab reg gedra het nie. Sy is oorlede na drie dae in ‘n koma. Die polisie en president het gesê sy is oorlede van ‘n hartaanval en beroerte.

Die optogte is nou al vir tien dae aan die gang, selfs nadat die regbank gewaarsku het met “beslissende optrede sonder toegeeflikheid”

Amptelik staan die dodetal op 41 mense sedert die onrus begin het, maar bronne glo die werklike syfer is hoër.

Met ‘n waarskuwing die vorige dag deur die president, Ebrahim Raisi, het die regbankhoof, Gholamhossein Mohseni Ejei, Sondag “die noodsaaklikheid van beslissende optrede sonder toegeeflikheid” teen die kernaanstigters van die “onluste” beklemtoon, het die regbank op sy Mizan Online-webwerf gedreig.

Honderde betogers, hervormingsaktiviste en joernaliste is in hegtenis geneem te midde van die meestal nagtelike betogings sedert onrus die eerste keer uitgebreek het.

Sommige vroulike betogers het hul hidjabs tydens die saamtrekke verwyder en verbrand en hul hare afgesny. Sommige het naby groot vreugdevure gedans onder die toejuiging van skares wat “zan, zendegi, azadi” oftewel “vrou, lewe, vryheid” gesing het.

Bronne: The Guardian, Le Monde

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Dodetal styg in Iran-optogte oor Mahsa Amini se dood