Nuwe vakke binnekort in skole

Deel hierdie storie / Share this story

Die departement van basiese onderwys beplan om nuwe vakke vir Graad 10 tot 12 teen 2025 bekend te stel om sodoende die kans op werk na matriek te verbeter.

Van die vakke is kantoorbestuur, kuns en ontwerp en haarkappery.

Volgens die departement fokus hulle daarop om leerders opvoeding te bied wat hulle sal toerus vir die toekomstige werkwêreld, aangesien nié alle leerders na matriek verder gaan studeer nie.

Elijah Mhlanga, ‘n woordvoerder van die departement, sê hulle het geleidelik vakke begin infaseer, met 17 wat reeds bekendgestel is.

Die departement het vroeër vanjaar aangekondig dat hulle moontlik die wiskunde-, wetenskap- en tegnologie-kurrikulum gaan hersien.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel