Alec Baldwin word vir agtste keer pa

Deel hierdie storie / Share this story

Die bekende Hollywood-akteur, Alec Baldwin (64) het vir die agtste keer pa geword.         

Sy vrou, Hilaria (38) het die naweek die eerste keer foto’s van hul baba, Ilaria Catalina Irena, op haar Instagram gedeel.

Sy is Donderdag gebore.

Hilaria het in Maart vanjaar bekend gemaak het dat sy swanger is met die egpaar se sewende kind.

 “Sy is hier! Ons is so opgewonde om julle bekend te stel aan ons klein droom wat waar geword het – Ilaria Caralina Irena,” het sy geskryf.

Die egpaar, wat al tien jaar getroud is, het ses ander kinders – Carmen (9), Rafael (7), Leonardo (6), Romeo (4) en Marilu (2).

Alec het ‘n dogter, Ireland (26), uit sy huwelik met Kim Basinger.

Op een van die foto’s wys Alec die baba se voetafdruk in  swart op sy voorarm terwyl Hilaria dolgelukkig lyk waar Ilaria teen haar bors lê.


Sy het ook foto’s gedeel van al die boeties en sussies wat die nuutste toevoeging tot die familie kom ontmoet het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.