Dodetal styg in Iran-optogte oor Mahsa Amini se dood

Deel hierdie storie / Share this story

Duisende betogers het Woensdag deur die strate van 15 stede in Iran betoog tydens onluste na die dood van Mahsa Amini.

Amini (22) is dood in polisieaanhouding na sy deur die moraliteitspolisie gearresteer is omdat sy glo nie haar hidjab op die regte manier gedra het nie en omdat haar bene en arms nie “reg toe” was nie.

Sy het glo ‘n hartaanval en beroerte gehad en is na drie dae in ‘n koma in ‘n hospitaal oorlede.

Tehran se polisiehoof sê Amini het mediese problem gehad en dit het haar dood veroorsaak. Haar pa het gesê sy het geen mediese probleme gehad nie en sy het kneusplekke op haar bene na haar arrestasie gekry.

Die dodetal in die optogte het Woensdag op ses gestaan.

Bronne: DW – South Africa, Euronews

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Iranse polisie sê dood van Mahsa Amini was ‘ongelukkig’