Iranse polisie sê dood van Mahsa Amini was ‘ongelukkig’

Deel hierdie storie / Share this story

Mahsa Amini (22) was vir drie dae in ‘n koma voordat sy gesterf het, nadat sy deur die moraliteitpolisie aangehou is omdat sy glo die hidjab-reëls, om haar kop en bene en arms te bedek, oortree het.

Die polisiehoof van Tehran het gesê die dood van Mahsa Amini was ‘n “ongelukkige” voorval wat hy nie wil hê moet herhaal word nie.

Getuies wat gesien het hoe sy Dinsdag in aanhouding geneem is, het gesê hulle het gesien hoe beamptes haar slaan, maar die “lafhartige beskuldigings” is ontken deur die polisie se brig.genl. Hossein Rahimi.

Volgens getuies is sy geslaan terwyl sy in ‘n polisievangwa was wat haar na ‘n aanhoudingsentrum geneem het.

Die polisie het die bewering verwerp en gesê sy het “skielike hartversaking” opgedoen terwyl sy saam met ander vroue by die fasiliteit gewag het om “opgevoed” te word.

Die minister van binnelandse sake het Saterdag gesê Masha het “blykbaar vorige fisiese probleme gehad”.

Brig.-genl. Rahimi het volgehou dat sy geen fisiese skade gelei het nie terwyl hy simpatie teenoor haar familie uitgespreek het.

Protesaksie, waarin twee mense omgekom het, het na Amini se dood in Iran ontstaan. ‘n 10-jarige meisie is ook glo in die kop geskiet.

Bronne: BBC, CNN, Reuters

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Voormalige ‘minnares’ van Adam Levine sê hy wou sy baba na haar vernoem