DBV, SAPD lê beslag op skaap by ‘Queen is Dead’-partytjie

Deel hierdie storie / Share this story

Die Black People’s National Crisis Committee het Maandag ‘n partytjie in Khayelitsha gehou om koningin Elizabeth se dood te vier.

Die “Queen is Dead”-partytjie het ‘n onverwagse wending geneem toe die DBV en SAPD beslag gelê het op die skaap wat vir die viering geslag sou word.

Die skaap is weggeneem nadat nie kon bewys word dat die skaap gekoop is nie.

Die komitee het die partytjie geadverteer as ‘n dag om te vier dat hulle met haar dood “vry” is van die “koloniseerder”.

Bronne: IOL, Canada Express News, Soeknet

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Veertien spermwalvisse dood na massastranding op Australiese strand