KYK: Luiperd val fietsryer aan

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Video wat in Januarie vanjaar geneem is van ‘n man wat op sy fiets deur ‘n luiperd aangeval is, trek nou weer aandag op sosiale media.

Volgens die nuusagentskap ANI het die voorval by die Kaziranga- nasionale park in Assam plaasgevind en die video is deur kringtelevisiekameras opgeneem.

Die man ry op sy fiets op die hoofweg langs ‘n woud verby. ‘n Luiperd verskyn dan skielik vanuit die bosse en bestorm die man.

Die man verloor sy balans en val, maar die luiperd hardloop weer die bosse in.

Op pad terug kyk die fietsryer na sy maag waar die luiperd se kake was en twee ander fietsryers wag hom in.

Die fietsryer het nie ernstige beserings opgedoen nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel