Wildkenners kon 32 van die 230 loodswalvisse wat in Tasmanië op die strand uitgeswem het, red.
Die helfte van die walvisse was vermoedelik nog lewendig toe hulle Woensdag gevind is, maar slegs 35 het die nag oorleef.
Van die 35 wat die nag oorlewe het, kon net 32 gered word en weer in die water teruggeplaas word.
Twee jaar gelede het omtrent 470 walvisse op dieselfde plek uitgespoel en na ‘n week is slegs 111 gered terwyl die res gesterf het.
Hierdie massastranding volg slegs dae na 14 spermvalvisse in die noordelike deel van Tasmanië gestrand is en gesterf het.
Bronne: Belfast Telegraph, NDTV
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



