Drie Zimbabwiese burgers is glo gister onherkenbaar deur woedende gemeenskapslede in die Mahamba-area in Limpopo verbrand.
Hulle is glo deur die gemeenskapslede betrap waar hulle na bewering sonpanele en elekrisiteitskabels steel.
FlyingNews Live sê op hul Facebook-blad agt buitelandse burgers is tot dusver vanaf Junie tot September in die Vhembe-distrik doodgemaak omdat hulle na bewering misdade gepleeg het.
Dit sluit twee in wat glo skoolkinders probeer ontvoer het.
FiND iT Nuus het die polisie in Limpopo vir meer besonderhede gevra.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



