Tiener (17) verkrag glo sy tannie (54)

Deel hierdie storie / Share this story

‘n 17-jarige verdagte is in hegtenis geneem op aanklagte daarvan dat hy sy 54-jarige tannie verskeie keer verkrag het.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê die voorvalle het in Molapomogale in Kameelpoort naby Vaalbank plaasgevind.

Die verdagte se tannie het glo die saak by die polisie aangemeld omdat sy “nie meer die mishandeling kon hanteer nie”, sê kol. Mdhluli.

Die slagoffer beweer die voorvalle het tussen April en September vanjaar plaasgevind.

Sy sê sy het die verdagte verskeie keer gesmeek om op te hou.

Die verdagte is Donderdag in hegtenis geneem en het Vrydag in die hof verskyn.

Die saak is tot Maandag uitgestel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel