Vyf vas na plaasaanval

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Bejaarde vrou (71), haar 47-jarige seun en ‘n plaaswerker is geskiet toe ‘n groep gewapende verdagtes op ‘n plaashuis toegesak het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die voorval het Donderdag by Schietfontein plaasgevind.

Vyf verdagtes het die plaashuis omstreeks 10:00 Donderdagoggend betree. Die drie slagoffers was in die huis.

Die verdagtes het glo geld en vuurwapens gesoek. Die drie slagoffers is in die proses geskiet en die verdagtes het met geld, vuurwapens en ammunisie gevlug.

Die polisie en plaaslike boere het saamgespan om die verdagtes in hegtenis te neem. Al vyf verdagtes is aangekeer en die gesteelde items, vuurwapens en ammunisie is gekonfiskeer.

Die verdagtes, tussen die ouderdomme van 26 en 34, sal Maandag in die hof verskyn op aanklagte van poging tot moord en gewapende roof.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel