TikTokker se hart gebreek oor ma se reaksie op swangerskap

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou op TikTok se goeie nuus het ‘n slegte nadraai gehad met haar ma se reaksie op haar aankondiging dat sy swanger is.

Die video begin met die ma wat ‘n sonarfoto vashou na haar dogter aangekondig het sy is swanger. Die ma draai dan na haar dogter en haar woorde het almal geskok: “Nog een, al klaar? Jy kan nie die twee wat jy het hanteer nie.”

Die ma vra dan “Rêrig, nog ‘n baba?” wat veroorsaak dat die man wat die video neem, wegdraai en die verfilming stop.

Die video het soos ‘n veldbrand versprei met baie wat die ouma prys omdat sy eerlik was.

Die gebruiker het nog nie weer iets opgelaai nie, maar hopelik is daar binnekort ‘n vervolg op wat gebeur het.

@mariskrodal

♬ original sound – Mari Anine from the 80’s🌸

Bronne: Jacaranda FM, Dexerto, TikTok

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Moord in Seoel-moltreinstasie veroorsaak woede oor bekruipingswette