Drie verskyn in hof na vermiste vrou se liggaam onder bed gevind word

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf maande nadat Annie van Rooyen vermis geraak het, is haar liggaam onder die buurman se bed gevind.

Jean Paul van der Westhuizen, Florenzo Steyn en Marcel Baartman het Donderdag in die Wynberg-landdroshof verskyn nadat Annie se liggaam Maandag onder Van der Westhuizen se bed gevind is.

Van der Westhuizen het glo erken dat Annie saam met hom, Steyn en Baartman na sy kamer was. Hulle het gerook en wou glo met haar seks hê, maar sy het probeer weghardloop. Hulle het haar glo verwurg en haar liggaam onder die bed weggesteek.

Van der Westhuizen het glo aangebied om na Annie te help soek toe sy as vermis aangemeld is.

Die beskuldigdes sal weer 18 Oktober in die hof wees vir hulle formele borgaansoek.

Bronne: IOL, Peace FM Online

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Optogte na Masha Amini se dood in Iran duur voort