Ten minste 36 mense is glo dood in ‘n Iranse onderdrukking van betogings na die dood van Masha Amini in polisie-aanhouding.
Masha Amini (22) is verlede week dood na drie dae in ‘n koma nadat sy deur die moraliteitspolisie gearresteer is omdat sy nie haar hidjab reg aangehad het nie en omdat haar arms en bene nie reg bedek was nie.
Amini is op 16 September dood verklaar. Die polisie en president hou vol dat sy dood is van ‘n hartaanval en beroerte en dat sy vorige gesondheidsprobleme gehad het.
Die president het gesê die saak sal ondersoek word, maar sy is dood aan ‘n hartaanval. Hy het ook gesê die betogings is onaanvaarbaar en moet einde kry.
Bronne: The Times, Alarabiya News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Dodetal styg in Iran-optogte oor Mahsa Amini se dood



