Die polisie in Germiston het Donderdag drie verdagtes in hegtenis geneem na die polisie hulle glo met ses plastieksakke vol tik betrap het.
Kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, sê die polisiespan het reageer op inligting war hulle ontvang het. Dié inligting het hulle tot by De Beerstraat in Germiston gelei.
Die drie mans is glo daar in die besit van plastieksakke vol tik, twee blokke tik en die gereedskap om dit mee te maak, betrap.
Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



