‘n Jong vrou is verlede week in die badkamer van ‘n moltreinstasie in Seoel vermoor deur ‘n man wat haar al vir jare agtervolg.
Die 28-jarige vrou het haar gewone nagskof by die moltreinstasie gewerk, onbewus daarvan dat sy dopgehou word. Haar beweerde moordenaar, Jeon Joo-hwan, het vir meer as ‘n uur buite die badkamer gewag voordat hy haar die badkamer in gevolg het en doodgesteek het.
Sy is vermoor die dag voor haar bekruiper gevonnis sou word omdat hy haar agtervolg het. Hy het haar in 2019 begin agtervolg, ‘n jaar na hulle saam begin werk het. Hy het haar meer as 300 keer gebel om haar uit te vra. Hy is afgedank nadat sy hom rapporteer het.
In Suid-Korea kan oortreders wat hulle slagoffers agtervolg slegs vervolg word as hulle slagoffer toestemming gee.
Jeon het die vrou glo vermoor, want hy was kwaad dat sy toestemming gegee het en regstappe geneem het dat hy vervolg moet word.
Betogings het na die moord begin met mense wat skree dat sy gefaal is deur diegene wat haar moes beskerm. Haar werknemer, die polisie en die howe word vir haar dood blameer.
Bronne: BBC, Asian Herald
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Dodetal styg in Iran-optogte oor Mahsa Amini se dood



