Die ‘stokman’ wat mense vermaak

Deel hierdie storie / Share this story

Die 22-jarige Thato Modise vermaak motoriste gereeld oorkant die North Cape Mall in Kimberley met sy toertjies wat hy op stelte uitvoer.

FiND iT het hom vandag ‘n bietjie uitgevra oor wat hy doen.

Hy vertel hy is al vir drie maande aan die gang en hy geniet dit vreeslik.

Sy vriend, wat altyd saam met hom toertjies gedoen het en intussen oorlede is, het hom geleer om op die stelte te loop.

Hy vertel in detail hoe hy, ná die dag se toertjies, eers hoog in ‘n boom gaan sit, dan die stelte afhaal en dan eers uit die boom kan klim. Hy lag oor die vraag of hy al geval het. “Al te veel!”

Het jy die man op stelte al gesien as jy in Kimberley woon en verby die mall ry?