Malvapoeding-melktert

Deel hierdie storie / Share this story

Malvapoeding en melktert is seker twee van die lekkerste poedings en boonop erfeniskos. Nou wat beter as om die twee te vir Erfenisdag te kombineer?

Malvapoedingresep:

  • 250 ml (1 koppie) suiker
  • 1 eier
  • 15 ml (1 e) sagte botter
  • 60 ml (4 e) appelkooskonfyt
  • 250 ml melk (1 koppie)
  • 10 ml (2 t) asyn
  • 10 ml (2 t) vanieljegeursel
  • 125 g (1 koppie) koekmeelblom
  • 5 ml (1 t) koeksoda

Sous:

  • 125 ml vars room
  • 20 g botter
  • 4 e suiker
  • 30 ml water

Metode

Voorverhit oond tot 180 °C.

Klits suiker, eier, botter en konfyt tot donsig.

Meng melk, vanielje en asyn.

Sif meel en koeksoda en voeg dan om die beurt met die melk by eiermengsel.

Gooi in gesmeerde oondvaste bak (30 x 20 cm).

Bedek met foelie en bak vir 40 – 50 minute.

Toets of gaar teen 40 minute. Berei sous voor deur al die bestanddele in ‘n kastrol saam te voeg en tot kookpunt te bring.

Haal koek uit oond en giet sous eweredig bo-oor. Sit eenkant.

Melktertvulsel

  • 4½ koppies melk
  • 3/4 koppie suiker
  • 3 eiers
  • 2½ eetlepels meel
  • 2½ e mielieblom

Metode

Verhit melk en verwyder van hitte.

Moenie kook nie.

Klits eier en suiker saam.

Gooi 1 lepel melk by die eiers en meng.

Gooi die eiermengsel in die res v.d. melk in ‘n stadige, bestendige stroompie terwyl jy goed klits.

Sit terug op hitte en voeg mielieblom by.

Klits. Voeg meel by en klits.

Laat goed verdik.

Verwyder van hitte en voeg 1 t vanieljegeursel en 1 t botter by.

Meng goed.

Giet oor malvalaag.

Bestuif met kaneel.

Bedek goed met plastiek en verkoel tot gestol.

Sodra dit gestol is, verwyder en geniet koud of by kamertemperatuur.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel